• (011) 721 3141
  • info@kalkor.co.za

Middelburg

 

Laai Besonderhede

Maandag tot Vrydag: 08h00-16h00
Trokke moet nie later as 15h00 arriveer
Saterdag & Sondag Bron Gesluit

Seriti Waterplant (was middelburg wateraanleg herwinning) oorkant Naledi Village

Mikrofyn Gips
• Hoë beskikbare Kalsium en Magnisium
• Hoë beskikbare Fosfaat

Nota: Maak wel klontjies omrede dit mikrofyn is. Wanneer dit nat raak word dit weer sag en fyn.

Om toekomstige teleurstellings te voorkom, wees asseblief bewus van die volgende vereistes:

  • Bestuurders moet verseker dat hul vragmotorbakke skoon en vry van enige rommel is voordat hulle die terrein binnegaan om te laai.
  • Ongeag die grootte van die bestelling, word slegs sykant-kipvragmotors (side tippers) op die terrein toegelaat om te laai.
  • Voldoen aan die voorgeskrewe vereistes vir vragmotors en bestuurders.
  • Daaglikse veiligheidsinduksies is verpligtend.
  • Loopplanke en seile: Maak asseblief seker dat u vragmotors toegerus is met behoorlike loopplanke sodat die vrag veilig met seile bedek kan word.
  • Vermorsing van produk: Wanneer vragmotors ná laai buite die myn geparkeer word, moet daar asseblief seker gemaak word dat geen produk vermors word tydens die toemaak van die vrag met die seile nie.
  • Verseker dat u vragmotors gereeld onderhou en gediens word. Dit voorkom dat u tot by die terrein ry en nie toegelaat word om te laai nie omdat u vragmotor(s) een of meer van die volgende gebreke het:

SLEGS sykant-kipvragmotors (Side Tippers) sal toegelaat word om te laai.

Platbak- en bakwaens (bucket trailers) sal nie toegelaat word om te laai nie.

U samewerking in hierdie verband sal help om ‘n vlot en probleemvrye laaiproses te verseker. Indien enige veranderinge gedurende die dag plaasvind, sal u daarvan in kennis gestel word.

 

BEVESTIG ASSEBLIEF ALTYD DIE LAAI TYE MET DIE KANTOOR, VERAL SEISOENTYD, VRYDAE EN MAANDEINDE. DIE IS NET N AANDUIDING VAN DIE NORMALE TYE WAT DIE BRONNE GEWOONLIK LAAI MAAR DIT KAN ENIGE DAG VERANDER EN ONS KAN ONGELUKKIG NIE ONS WEBTUISTE ELKE DAG GAAN OPDATEER NIE.

Die laai van produk by alle bronne voldoen aan streng reëls en regulasies. Indien u nie daaraan voldoen nie, sal u nie toegelaat word nie. Veiligheid is van groot belang. Indien u onseker is, kontak ons kantoor om te bevestig.

Alle voertuie moet die volgende hê

  • ‘n Roterende lig
  • Waarskuwings driehoeke
  • Brandblussers
  • Stop blokke

Drywers moet die volgende dra (PPE)

  • Veiligheidskoene
  • Oorskutte/pluisies
  • Beskermende klere
  • Stofmasker
  • Harde hoed